⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 STILFONTEIN📌
BETREDING
Maandag 18/11/2019 om 21:00 is daar op W/app vir bystand in Stilfontein gevra by Kruger Singel net bo die 60s.
Ek het kontak gemaak met Micheal Beets NCA NW Reaksie/Stilfontein buurtwag wat dadelik CSS Security en Stilfontein buurtwag geaktiveer en hulle was binne minute op die toneel.
Die CSS se manne het die perseel deursoek maar die verdagtes was reeds weg. Die dame is ongedeerd.
🤝🏻Baie dankie🤝🏻
Micheal vir jou flinke optrede en Stilfontein Buurtwag en CSS Security vir jul vinnige reaksie.
Faan Swanepoel NCA NW Reaksie