NCA Gauteng Reaksie

10/12/2019 omstreeks 18:00
Daar was n harde slag in die rigting van Carletonville waarop ek gaan ondersoek instel het.
Ek het die mense wat langs die pad gestaan het gevra, waar die slag vandaan kom, hulle het vir my gese dit is in die dip by Vleikop, en dit is n Transito roof.
Met aankoms het ek verneem dat daar 3 Motors was met die beskrywing en een van EPR Sekuriteit se Reaksie raak geskiet het, ek het kontak gemaak met Vleikop Gpf so 18:15 waar die Nood Dienste van EPR besig by die Reaksie Offisier, die toestand bevestig en verder af gestap na die Toneel waar ons besluit het om die pad te sluit.
Ek het 18:20 vir Pieter gevra om my te help om die pad te sluit.
18:25 is ek in kennis gestel dat hulle ons werksbakkie gewapen geroof het en die een motor daar gelos het.
Ek en Pieter het my seuns by my motor gelos.
En na die ander toneel vertrek waar ek my Niggie en haar seun Sam met my Neef Chris van die BL daar gekry het.
Ek het verneem dat my Oom saam met SAP is en die Netstar Tracker geaktiveer het.
Ons het teruggekeer na die Toneel waar ons die pad toe gemaak het.
Dit was omstreeks 18:40. Ongeveer 19:20 is ek ingelig dat die Bakkie en die ander Motors gevind is in Finsbury, ek het so ongeveer 22:00 van die Toneel af vertrek met SAP na Finsbury na die ander Toneel en daar afgestaan to 02:00 waar na ons huis toe is.

Baie dankie vir almal betrokke en vinnige optrede