NCA GP Reaksie

22/02/2020

More alle lede.

Vir die mense wat nog nie weet nie, NCA is deel van Dexter, en is daar vir ons mense.

My dogter is in die oggend ure afgetrek deur twee Bravo Metro lede, en gedreig hulle gaan haar toesluit op aanklag van bestuur onder die invloed, maar as sy hulle ‘n R 1000 betaal laat gaan hulle haar. Dit was in Centurion. Sy het gesê, sy het nie soveel, maar sy sal my bel, om geld oor te plaas, wat sy toe gedoen het. Sy het tot by die TOTAL gery, in tussen het ek vir NCA geskakel vir hulp, binne 20 min was daar iemand by haar, en daar gewag tot ek daar kon kom, die Metro het vir haar aan die oorkant van die pad gewag, en wou nie saam tot by die Garage gaan nie. Met die aankoms van die NCA hulp, en ek 20 min later, het hulle die pad gevat. Ek is al lankal lid van die NCA Reaksie, en buiten wat ek beleef wat NCA al vir die mense doen, het ek vanoggend, die verligting beleef, as dit jy is wat geraak word. Hoekom nie deel word, en die reaksie mag vergroot, wie weet, wanneer het jy hulle nodig.
NCA, DEUR ONS MENSE, VIR ONS MENSE.

Baie dankie vir almal se vinnige reaksie en optrede

Copwatch, Monitor Net, Scorpion