Dankbaarheid
Net na drie vanoggend lees ek toevallig op n CPF groep in Rustenburg, dat daar n man, vrou en kinders in n voertuig om hulp gevra het. Hul voertuig het ongeveer 3km uit Ventersdorp langs die pad gaan staan.
Ek het dadelik vir Faan gekontak om hulp en het hy soos altyd getrou aan sy woord begin om mense te kontak.
Hy het my toe laat weet dat Frikkie van Ventersdorp oppad is om hulp te gaan verleen.
Deurentyd was die man en vrou gekontak dat hulp oppad is.
Ek kon my indink hoe die man en vrou gevoel het. Die onsekerheid daar langs n donker verlate pad in die vroee oggendure.
Namens die RCCF in Rustenburg wil ek vir Faan asook vir Frikkie in besonder baie dankie se vir die hulp wat verleen is. Ek glo die man en vrou gaan nog lank daaroor praat met vriende en familie dat daar nog iets is soos omgee mense in hierdie land.Die sien jy nog raak in die NCA Noordwes
Groete
Kobus(NCA/RCCF)