Daar is al baie gesê , oor NHI(National Health Insurance), of te wel NGV(Nasionale Gesondheids Versekering)

SO wat is nou eintlik die kort en die lank van die NGV.

Ek kan bladsye vol skryf, maar gaan probeer om so kort en duidelik as moontlik te hou.

WAT Sê DIE ANC;

Die NGV, word ingestel, sodat alle SA burgers dieselfde voordele geniet, om gratis mediese behandeling te ontvang. Alle burgers sal geregtig wees op dieselfde behandeling, maak nie saak, van jou inkomste of status nie. Klink baie goed, klink baie idillies.

Mense dit gaan nie net oor inkomste of status nie, dit is jou eie geld wat jy uit jou persoonlike salaris elke maand betaal om aan ‘n mediese fonds te behoort sodat jy kan kies na watter dr/spesialis/tandarts/ginekeloog/oog spesialis jy kan gaan as jy dit nodig het.

WAT IS DIE WERKLIKHEID!!

  1. Daar is volgens SARS en SA Besigheidskamer, 56 miljoen burgers in die land
  2. Die NGV loods projekte het totaal en al gefaal, en kon nie by een van die loods projekte in SA van die grond af kom nie.
  3. Die huidige mediese dienste wat deur die Staat (Gesondheidsdepartement) gelewer word, moet word, is in totale gemors, agterstallige skuld van die department aan privaat firmas, nie genoeg personeel nie, waglyste van 2 tot 3 jaar vir sekere belangrike mediese prosedures (wat in privaat hospitale as ernstig tot kritiek beskou word).
  4. In Limpopo alleen, is daar ‘n agterstand van 26 000 operasies, en kanker pasiënte wat vir 12 maande sal moet wag van dag van diagnose tot behandeling kan begin. Dit is ‘n doodsvonnis.

FINANSIëLE SLAGGAT

Soos hierbo genoem, is daar ongeveer 56 miljoen burgers in die land. Volgens Businesstech en Coomer’s data, betaal maar 13% van die 56 miljoen belasting, en 87% dra niks by tot die belasting, behalwe dalk VAT, op aankope.

Die top 1% van die belastingbetalers (die 480 000 mense, wat meer as R750 000 per jaar verdien) betaal 61% van die totale belasting inkomste.

Asof dit nie alreeds ‘n groot las is, vir so klein groepie mense nie.

Die huidige staat se Gesondheids Departement, ontvang huidiglik 30% van die totale begroting van SA. In 2018 kon nie een van die provinsies deurkom met hulle toegekende fondse nie, en net in Gauteng alleen, het hulle weer 2 keer aansoek gedoen vir fondse, aangesien hulle in Junie 2018, reeds hulle deel van die begroting spandeer het. Die wat die media dophou sou ook gesien het dat die Gesondheids Departement in 2017 tot huidiglik amper 500 000.00 biljoen gespandeer het aan eise/regskostes weens nalatigheid. Dit sluit nie wan spandering en korrupsie in nie. So dit verklaar dus waarom hulle soveel geld benodig.

Neem in ag, daar is druk op die staat, om Eskom, SAL, Denel, Munisipaliteite, en ander staats instellings alreeds uit hulle diep moeras van skuld te red wat weereens deur korrupsie

SA is op die rand van “Junk Status”, volgens Dawie Roodt, kan SA nie eers dink om die geld te leen, om NGV te begin nie.

BELEGGING VOORUITSIGTE VIR SA INDIEN NGV IN WERKING TREE

GEEN, NIKS……

  1. Geleentheid vir nog groter bedrog en korrupsie. Want die staat sal die dr’s betaal, die staat sal vir jou sê, na watter hospital jy mag gaan, die staat wil die firmas voorskryf, hoeveel hulle sal betaal vir instrumente, medikasie ens.
  2. Mediese fondse se reserwes wat opgebou is, word eenvoudig, beslag op gelê, dis geld wat aan die lede (jou geld) behoort.
  3. Sekere privaat hospitale sal nie meer gebruik word nie, en die groot privaat hospital groepe soos, Medi Clinic, Netcare, Life, sal astronomiese finansiële skade ly.
  4. Mediese firmas sal daaronder ly, en is alreeds onder druk, wat pryse daagliks afstry, sal toemaak, want net BEE Firmas, sal gebruik word.
  5. Werkloosheid styg die hoogte in
  6. Meer breinkrag verlaat SA
  7. Fondse en hospital groepe wat op die Effekte beurs besigheid doen, word daarvan ontneem.

Watter beleggers, sal by so sirkuses betrokke wil raak??

Behalwe vir nog ‘n valse beeld en leë beloftes van die ANC oor NGV, kan en sal die NGV nie werk nie.

Ons hou julle ophoogte, op die blad van enige verdere verwikkelinge.

LET WEL!!

Die feite hierbo, is nie duimsuig nie, dit kom alles uit bestaande bronne.