⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 RUSTENBURG📌
DIEFSTAL
Sondag 08/03/2020 om 12:00 het Shirley Bruyns NCA NW Reaksie/RCCF ń versoek gekry van RCCF se Noodfoon vir bystand met diefstal by die Oumens Woonstelle in Kremetart Laan.
Shirley het dadelik reageer en gaan bystand bied.
Op toneel het Shirley die motor sien staan waarvan al vier die wiele afgesteel is.
Shirley het die Kompleks se heining besoek en die plek gekry waar die heining geknip is en die verdagte moontlik toegang tot die perseel verkry het.
Die voorval is op RCCF se Reliable Zello kanaal bespreek Barrie Erasmus RCCF Onder Voorsitter en NCA NW Reaksie lid het bevestig dat hulle om 03:00 met patrollie die heinings besoek het en alles in orde was.
Shirley het die Eienaar gemaan om die saak te gaan aanmeld by SAPS sodat dit op rekord kan wees.
Barrie het ook met Shirley bevestig dat hulle voor donker weer die gat in die draad sal gaan regmaak.
🤝🏻Baie Dankie🤝🏻
Shirley Bruyns NCA/RCCF, Johan en Ansie Pretorius NCA/RCCF vir jul bystand en Barrie Erasmus NCA/RCCF vir die reëlings vir die regmaak van die heining 🤝🏻
Faan Swanepoel NCA NW Reaksie