⚔ NCA SK REAKSIE⚔
📌 MOSSELBAAI📌

GESTRANDE KIND
Woensdag 22/1/2020 om 16:00 het ń dame in Rustenburg Faan gekontak en hulp gevra vir haar kind (Johan) wat in Mosselbaai gaan werk soek het. Hy is intussen geroof van al sy besittings en is haweloos.
Faan het onmiddelik na haar huis toe gegaan en ń pinlocation aangevra van waar Johan hom bevind en hom laat weet hy moet op daai plek bly tot hulp opdaag.
Faan het met my kontak gemaak en die location vir my aangestuur. Op my beurt het ek vir Johan gaan optel en gereël vir slaap plek.
Amy Jansen NCA Moderator van Mosselbaai en ek het “ingeclub” en vir Johan se slaap plek en kos betaal vir die aand.
Oom Oned die Wes Kaap se reaksie hoof het ook probeer reël vir ń geleentheid met ń vragmotor op NW se kant toe.
Faan hulle het ń “sponser” gekry. Cheryl Phillips DA/LP wat in haar private hodanigheid vir Johan se buskaartjie tot in Rustenburg betaal het.
Donderdag oggend het ek vir Johan SAPS toe gevat om sy verklarings af te gee, en daarna is ek met hom binnelandse sake toe vir die res van sy papierwerk.
Ek het vir Johan gevat vir “sightseeing” in Mosselbaai en hom op sy gemak laat voel.
Ek het seker gemaak dat Johan betyds en veilig op die bus is oppad terug na sy ouers toe.
🤝🏻BAIE DANKIE🤝🏻
Faan, Amy, Oom Oned en Cheryl vir julle bydrae om Johan veilg by sy ouerhuis te kry. 🎖
Lourens Smit, NCA SK REAKSIE