⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 BOSHOEK📌

INBRAAK/DIEFSTAL
Woensdag 16 Jan 2020 om 19:25 het ń dame van Rustenburg my gebel en gevra vir bystand by haar pa se plot op Boshoek waar terroriste besig was om in te breek.
Ek het met Gideon Erasmus een van ons NCA NW Reaksie lede kontak gemaak en sy vrou het bevestig dat hulle oppad is na die toneel.
Op die toneel is Gideon toegang vergun deur een van die plaaswerkers.
Die boewe het toegang verkry deur die agterste drade te knip en die agterdeur oop te breek. Daar word op die stadium nog net juweliersware vermis. SAPS was ook op toneel en die saak is aan hulle oorhandig.
🤝🏻BAIE DANKIE🤝🏻
Gideon en Kitty Erasmus en Rudolf du Plooy almal NCA NW REAKSIE/Boshoek GPF lede en ook aan SAPS vir jul vinnige en professionele optrede. 🤝🏻
Faan Swanepoel NCA NW REAKSIE