⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 R24/REX📌
PLAASAANVAL
Maandag oggend 3/02/2020 om 6:40 het Jean Keyser NCA NW Reaksie/Rustenburg GPF reageer op ń boodskap wat hy van Rosette van Koster NCA NW Reaksie/Koster GPF gekry het dat haar broer aangeval is op hul plot op die R24 en hy opgeneem is in Med 24.
SAPS was by hom gewees, sy verklaring gevat en gese hulle sal plaas toe gaan. Net na 15:00 het Rosette laat weet SAPS was nog nie daar nie, Jean het die Brigadier (Stasie bevelvoerder Rustenburg SAPS) in die verbinding getree en sy het gesê sy sal opvolg en SAPS uitstuur.
Jean was so net voor 17:00 weer by Hansie gewees.
Hansie was nog erg getraumatiseerd maar kon ons meedeel wat gebeur het.
Hansie het die hek oop gemaak om gym toe te gaan en sy hond is uit en geblaf, hy was oppad terug huis toe om ń fliets te kry. Met dié skyn hy toe in die veld en het niks verdags gesien nie, en net toe hy omdraai toe sien hy hulle en een van die 3 storm en val hom aan met die “crowbar” en hulle het begin baklei. Een het geskop en een het geskree “shoot him”. Hansie het sy skoonpa geroep wat toe uit gekom het en hulle het die wapen op hom ook gerig en toe weggehardloop.
Ons kon nie die volledige Reg nr van bakkie kry nie maar hulle nie seker watse bakkie dit is nie.
Ons het gereël dat Hansie-hulle met Charl Visser van NCA NW Reaksie/ Rustenburg Landelikke Dienste in kontak kom oor hul twee rigting radios en so ook aansluit by NCA.
🤝🏻Baie dankie🤝🏻
Jean Keyser vir jou tyd en al jou moeite wat jy gedoen het om vir Hansie-hulle by te staan met alles.🎖🤝🏻
Faan Swanepoel NCA NW Reaksie