⚔ NCA NW REAKSIE⚔
📌 HARTBEESPOORT📌
POGING TOT HUISBRAAK
Saterdag 07/03/2020 om 03:39 het een van ons lede op ons Assist Zello kanaal ingeroep maar nie haar boodskap voltooi nie.
Ben Almero ons NCA Reaksie Hoof het haar ń paar keer terug geroep sonder sukses.
Ek het haar probeer bel maar sy het nie geantwoord nie. Ek het met Ben kontak gemaak en hy het bevestig dat hy met haar in aanraking gekom het en sy het haar Namola geaktiveer. Met die wat ek en Ben besig was, het Namola se alarm by my af gegaan en ek het ‘subscribe’ op die voorval.
Terwyl Ben die voorval herlei het na ons NW REAKSIE W/app platvorm het ek met Phillip Joubert ń NW Reaksie lid kontak gemaak en hy het aan my bevestig dat hy regmaak om uit te gaan na die toneel.
Op die toneel is daar gevind dat die booswigte reeds gevlug het en Phillip het saam met die inwoners die perseel deursoek. Daar is gevind dat hulle die heining geknip het om toegang tot die perseel te verkry. Niks word vermis nie, maar die huis se ruite, glasdeure en die voertuie se ruite is erg gevandaliseer.
Ons kon nie agterkom wat die terroriste se modis operandi was nie.
🤝🏻Baie Dankie🤝🏻
Namola vir jul puik diens en Phillip vir jou vinnige reaksie en dat jy op toneel gebly het tot daglig om seker te maak die persone is veilig 🥇
Faan Swanepoel NCA NW Reaksie