14/2/2020
VEILIGHEID SUKSES
Lede van Charl Cilliers plaaswag het inligting ontvang van twee voertuie wat betrokke was in ń rooftog in Standerton by CNA.
Plaaswag lede het afgestaan op sleutel punte en die betrokke voertuie is opgemerk en lede het begin volg.
ń Jaagtog het gevolg wat in Leandra lokasie geëindig het. Lede het daar die eerste voertuig gevang en een verdagte gearresteer.
Inligting is weer ontvang van die 2de voertuig en die lede het dit opgevolg. Daar aangekom is ń tweede verdagte gearresteer.
Groot dank aan lede van AfriForum Standerton Buurtwag, Leandra Buurtwag, Kasselman Sekuriteit, Charl Cilliers plaaswag, lede van SAP ander betrokke boere en veiligheids maatskappye.