DEXTER HOOFRAAD
George Piek – Hoof
Maj Andre Nel- Hoofraadslid
Kol Franz Jooste – Hoofraadslid sowel as Hoof van Kommandokorps
Maj Floris Brand – Hoofraaslid sowel as Kommandokorps
BESTUURSPANEEL
Zane Lawrene – Media plaasings
Angus de Jager – Hoof van Bemarking sowel as Fonds Insameling
Deon Visser – Hoof van IT
Marno Nel – Dexter Jeug Leier
Johanna Douglas – Hoof Admin
VISIE
Dexter se visie is die soewereine Vryheid van ons volk in ‘n eie Vaderland.
MISSIE
Dexter se missie om die visie te bereik, behels die volgende:
- Die morele herstel van ons volk dmv die stelselmatige aanstellings van Rigters. Hierdie Rigters word baie goed opgelei op godsdienstige, genetiese en ideologiese terreine. Daar word streng eksamens geskryf op hierdie 3 vlakke, want ‘n Rigter is ‘n baie verantwoordelike posisie.
- Deur op nasionale en internasionale terreine te beding vir ons Vryheid. Ons moet ons gesigte oral hier wys en ons simbole oral vertoon!! Ons MOET veral klem lê op Nasionalisme!! Geen volk streef na vryheid sonder simbole nie. Ons het 4 strydvlae!! Ons moet veral ons jongmense patrioties/nasionalisties maak dmv die gereelde vertoon van ons simbole in die openbaar en ook in die sosiale media. Die verkoop van vlae, plakkate, plakkers, pette, armbande en ander produkte is uiters belangrik. Dexter ondersteun GAS (Genootskap van Afrikaner Simbole) en Patriot Produkte. Hierdeur sal ons dan ons mense ook van die sg. ‘reënboog-konsep’ vervreem!
- Deur alliansies/bondgenootskappe met ander vryheidsgesinde organisasies aan te gaan en hul te ondersteun. (bv: ASK, BAV, VVK, VA, VVA, TransOranje Alliansie en Front Nasionaal).
- Deur organisasies te ondersteun wat alreeds funksioneer op bepaalde volksterreine of dan volksakkers. Dit maak Dexter uniek, want hy ondersteun die CVO Skole op onderwysterrein, TLU SA en Vrystaat landbou op landbouterrein, Die Kommandokorps op veiligheidsterrein, Volkshulp 2000 op Welsynsterrein die GHA op taal en kultuurterrein, Toekomsvonk op die aktivisme terrein en Front Nasionaal op binne-parlementêre terrein.
- Deur die wêreld bewus te maak van die gruwelike volksmoord en onderdrukking van ons mense. Hier ondersteun Dexter veral die Plaasmoord aksie.
- Deur die Selfbeskikkingstaakgroep van die ASK te ondersteun in ons poging om selfbeskikking te verkry. Hierdie poging staan op twee bene:
-
- om die Akkoord van 1994 af te dwing. TransOranje Alliansie. (Koos Reynecke in beheer)
-
- om selfbeskikking te bereik dmv sessering. VVA/ULA. (Hein Marx in beheer)
- Deur ons eie nasionale media te vestig en te ondersteun (Die Afrikaner en Die Vryburger koerante asook Boermedia). Die sosiale media moet egter maksimaal benut word.
- Deur landwyd kommando’s op die been te bring waarbinne ons volk hulself weerbaar kan maak. Hier ontvang jong leiers asook ons jeug militêre styl opleiding. Dit is van uiterste belang dat ons ‘n Burgermag begin vestig om ons mense te beveilig. Die Kommandokorps vul tans hierdie rol.
- Deur ‘n landwye monitering en reaksiemag te vestig wat ons mense op ‘n 24-uur basis op hoogte kan hou van noodsituasies. Die NCA vul tans hierdie rol dmv Namola & Zello,
- Deur verset- en weerstandsaksies te loods ten einde Vryheid te bekom. Die gebruikmaking van graffiti is hier baie belangrik. Ons moet die sg. ‘reënboognasie’ deurlopend belaglik maak. (Kyk dokument: Boikot & Versetaksies). Dexter moet veral begin om 7de laan intensief te boikot.
- Deur ons volk weer bewus te maak van ons helde en nasionale vakansiedae deur dit gereeld op die sosiale media te laat verskyn.
- Deur byeenkomste fisies by te woon waar volksdae gehou word soos: Majubadag (27 Februarie), Stigtingsdag (6 April), Republiekdag (31 Mei), Heldedag (10 Oktober) en Geloftedag (16 Desember). (sien dokumente: Majuba, Heldedag, Bloedrivier, Slachtersnek en andere).
- Deur ‘n beroepskatalogus (‘Oranjebladsye’) te begin waar Boere-Afrikaners mekaar tov. besigheid kan ondersteun. Ondersteun veral besighede met Afrikaanse name.
- Deur ‘n Boere-Afrikaner ID boekie te druk en te begin om Boere-Afrikaners as burgers in te skryf op ‘n databasis.
- Deur ander organisasies te ondersteun inwie se doel dit is om die owerheid te dwing om sekere belastings en ook tolgelde af te skaf.
- Deur organisasies te ondersteun wat omgewingsbewaring voorstaan. Green Peace, Save the Rhino en Ban Plastics is hier ‘n baie goeie voorbeelde.
GELOOF
Geloofsgrondslag van Dexter:
Geloof in die bybel in sy volheid as die Woord van ons Hemelse Vader, Seun en Heilige Gees ( God Drie-enig), onderwerping aan Sy Oppergesag en aanvaarding van Sy Woord as onfeilbare en hoogste gesag.
Handhawing van waardes en standaarde soos vanuit Westerse herkoms en van geslag tot geslag aan ons oorgedra.
Geloof in die tradisies en morele waardes van ons voorsate, wat dieselfde stryd as ons gestry het.
Geloof in onsself wat hierdie taak voortsit, nie omdat ons so aangesê is nie, maar omdat die nood van die huidige toestand dit van ons vereis
ONS WAARDES
Dexter se waardes vir ons volk is ons strewe na “Vryheid en n eie Vaderland”